|
||
|
'n Baie lang brief aan my dogter. Tafelberg, 2021 'n Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoirs. Dit is 'n speurtog deur die skrywer se beginjare, maar dit is ook 'n liefdesbrief aan 'n dogter en 'n taal en 'n land. En bowenal is dit 'n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe. |
|
|
A long letter to my daughter. Tafelberg, 2021 A long letter to my daughter is award winning South African author Marita van der Vyver's youth memoir. An unputdownable read that weaves together both love letter, to a daughter, a language and a country, whilst tracing Van der Vyver's early years. Above all, it is a mother's effort to make sense of a world that seems increasingly senseless. |
|
|
Die bloedbevlekte brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Vir jare het sy haar rug op Theo gedraai, ‘n man wat sy laaste twee dekades in ‘n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om op die Grens te veg – ‘n plek en ‘n oorlog waarvan mense tuis bittermin geweet het. Vir Theresa self was dit ‘n tydperk van eerste liefdes, disko’s en vakansies by die see. |
|
|
A blood-stained letter among her deceased ex-husband’s belongings rips open Theresa’s world. For years she has turned her back on Theo, a man who spent the last two decades of his life institutionalised, and on their shared past in a country where teenage boys were conscripted in the Seventies to fight a foreign war that those back home knew little about. |
|
|
Stiltetyd. (Heruitgawe) Protea, 2019 Die meesleurende verhaal van Hester Human wat haar argitek-man, André, verwyt omdat hy al sy energie in ‘n bouprojek stort – dít net ná hul jongste kind se dood. now available as an ebook |
|
|
Retoer: Pretoria - Provence. Lapa, 2018 Ek het geleer dat die ware lewe dikwels veel vreemder kan wees as enigiets wat selfs 'n verbeeldingsryke romanskrywer kan uitdink. Daar het al dinge in my eie lewe gebeur, gruwels en wonderwerke, wat ek sou huiwer om in 'n roman te beskryf. |
|
|
Tien karakters wie se verhouding oor 'n tydperk van tien jaar eb en vloei soos die getye van die see wat telkens die agtergrond vir hulle "wegkomkanse" vorm. Vanaf die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding in 1994: Dié vriendekring se samesyn bly die konstante in 'n wêreld waarin die ontnugterings en terleurstellings van die werklikheid soms met niks anders as goeie kos, goeie wyn en 'n stewige skeut selfspot getemper kan word nie. |
|
|
Willem Prins bewandel die strate van Parys. Eens was hy op koers om 'n gerekende skrywer in Suid-Afrika te word, maar na jare se probeer, wink die koue water van die Seine - miskien sal sy verdrinking sy boekverkope bietjie opstoot, dink 'n swartgallige Willem. |
|
|
Willem Prins wanders the streets of Paris, disillusioned and glum. Once, he showed great promise as a South African writer of distinction, but years of disappointment have left their mark. Drowning himself in the Seine may well be the only option left to drive up his book sales. |
|
|
Winter Food in Provence. Tafelberg, 2014 Marita and Alain’s big family love to eat, and eat well. They prefer to cook according to the seasons, to save time, money and effort – and to ensure the freshest flavours. In winter they have to be that bit more innovative in their shopping and cooking because of the limited variety available, but they have a number of tricks and good ideas to liven up their meals in all sorts of innovative ways. |
|
|
Winterkos in Provence. Tafelberg, 2014 Marita en Alain se groot familie eet graag en baie. Marita verkies om volgens die seisoene te kook, om geld, tyd en moeite te spaar – en vir optimum smaak. In die winter moet sy slim koop en kook om die beste te maak van die kleiner verskeidenheid vars produkte, maar sy ken talle kosgeheime en haar kos word opgekikker op allerhande maniere. Die boek is op Suid-Afrikaanse kokke gemik en al die bestanddele is plaaslik beskikbaar. |
|
|
A Fountain in France. Penguin, 2013 A humorous collection of stories about moving the way the French do it. It is a book about place, what binds the heart to a home, about breaking ties to grow new ones and about what we take with us. Marita finds that life is a fountain, always bubbling up with new surprises, wherever we go in the world. |
|
|
'n Fontein voor ons deur. Tafelberg, 2013 ’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk. En wat gebeur toe? Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis. En wat gebeur nou? |
|
|
Die Blou van Onthou. Tafelberg, 2012 In die skemer van haar lewe kry Colette Cronjé ’n brief van ’n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy ’n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat ’n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook dié van die volgende twee geslagte onherroeplik verander. |
|
|
Forget-Me-Not-Blues. Tafelberg, 2012 A letter from Portugal makes Colette Cronjé remember everything she has spent a lifetime trying to forget. The sender is a long-lost relative, found after a decades-long search, and the letter is about saudade, the love that remains after its object has gone. It’s a love that has shaped the lives of three generations of women, trapped between leaving and staying, and between what is unbearable to remember and impossible to forget. |
|
|
Somerkos in Provence (met die samewerking van Alain Claisse). Tafelberg, 2010 'n Kosboek vol pragfoto's, kookstories, resepte en idees - 'n heerlike mengsel van verbeelding en gesonde verstand, lekkerbekkigheid en praktiese oorwegings, wat die minder én meer ervare kok sal begeester en besiel. |
|
|
Summer Food in Provence (in association with Alain Claisse). Tafelberg, 2010 A food book filled with fabulous pictures, culinary stories, recipes and ideas - a delicious medley of imagination and common sense, gastronomic treats and everyday practicality, that will delight and inspire both experienced cooks and novices in the kitchen. |
|
|
Dis koue kos, skat. Tafelberg, 2010 Clara Brand is so woedend dat sy in vlamme kan uitbars. Haar man het haar en hul drie kinders gelos vir 'n jonger, mooier (en natuurlik ook skraler) vriendin - die soort meisie wat nie eens 'n eier kan kook nie. Clara, 'n kosskrywer en smulpaap, leer geleidelik dat wraak inderdaad 'n koue, koue dis is. now available as an ebook |
|
|
Just Dessert, Dear. Tafelberg, 2010 Clara Brand is burning for revenge. Her husband has left her and their three children for a younger, sexier (and of course also skinnier) friend - the kind of girl who can't even boil an egg. Clara, a food writer and gourmet, wants to serve them a cold, cold dish. now available as an ebook |
|
|
Franse briewe: Pos uit Provence, Tafelberg, 2008 Tuimel jou hart nog nadat Marita van der Vyver jou met haar boek Die hart van ons huis aan haar lewe in Provence bekend gestel het? Hou dan asem op, want met Franse briewe nooi sy lesers nog 'n keer oor haar drumpel. Is your heart still racing since Marita van der Vyver introduced you to her life in Provence in her book Die hart van ons huis? Take a deep breath, then, because in Franse briewe she invites readers into her home again. |
|
|
Hester Human, her teenage son and her architect husband spend a year in Provence, renovating their home. But their stay is tainted by the death of their little daughter and sister, killed in a shooting incident just before they left Cape Town, leaving each of them to struggle with their own anguish. now available as an ebook |
|
|
Bestemmings is 'n kortverhaalbundel met reis as sentrale tema. In feitlik al die verhale is daar karakters op reis – op reis na bestemmings binne en buite hulself. |
|
|
Short Circuits, Tafelberg, 2005 This collection of short stories has travel as the central theme. Most of the stories involve a woman travelling to an exotic destination. Through her travels, she reaches new insight into her life. Van der Vyver skilfully draws you into the world of these sexy and strong modern women. |
|
|
Die hart van ons huis, Tafelberg, 2004 Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s’n. Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op ‘n daaglikse basis aangevul. |
|
|
Where the Heart is, Tafelberg, 2013 Readers will relish Where the heart is, Marita van der Vyver’s new book about her life in Provence. They will anticipate a long summer holiday under a sun by Van Gogh – and then the author will kindly, humanely debunk their eagerness, for this is an everyday story about ordinary people in an ordinary house. www.graffitibooks.co.za |
|
![]() |
Adéle Bothma kén die wrede woord k-a-n-k-e-r. Die vernietigende vraat wat haar lyf afgetakel het tot hangborste en vellerige dye van ‘n ou vrou. Sy verduur gelate die vernederende versorging in haar Victoriaanse huis op Vergenoeg, die plattelandse dorpie aan die einde van ‘n grondpad. |
|
|
There is a Season, Double Storey, 2007 Adéle is dying and needs to be brought home. Her two daughters meet up after many years apart, to take care of her in her fading days, in an hold house in the Western Cape village of Vergenoeg. |
|
|
Griet kom weer, Tafelberg, 2001 Dié roman, tien jaar na die blitsverkoper Griet skryf 'n sprokie, beeld 'n ryper maar nog net so warmbloedige Griet. Sy is intens verlief ... |
|
|
Travelling Light, Penguin, 2005 Love can be tough, especially starting again on the wrong side of forty. So when Griet Swart falls for a beautiful Italian puppeteer, she is plagued by doubts and demons – not to mention her noisy, nosy sisters. |
|
|
Tien vriende wat oor ‘n tydperk van tien jaar byeenkom – en onder andere emigrasie, spermtellings, oudword en seksuele frustrasie bespreek – is die spil van hierdie roman. Wegkomkans bied prikkelende insigte in mense se versugtings en ontnugteringe; in die verraderlikheid van die hart. |
|
|
Breathing Space, Penguin, 2000 It's 1985 and on South Africa's beautiful West Coast, ten friends get together – a chance to escape, a moment's breathing space, but the weekend strikes sparks that will smoulder for years to come... |
|
|
Die Dinge van 'n kind, Tafelberg, 1994 ”Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad.” Met dié woorde lei die mooi, rebelse Dalena van Vuuren haar nuwe vriendin, Mart Vermaak, ‘n wêreld in waaroor ordentlike tierermeisies net in die donker fluister. |
|
|
Childish Things, Tafelberg, 1996 What can you say about the seventies – except to wish you hadn't been there? The sixties produced hippies and sex, the eighties yuppies and money. But the seventies? Disposable fashion, disposable dances, disposable music. And disposable lives in the warm country where I grew up . . . now available as an ebook |
|
|
Griet skryf 'n sprokie, Tafelberg, 1992 Griet skryf ’n sprokie deur Marita van der Vyver is onteenseglik een van die bekendste én mees opspraakwekkende boeke in Afrikaans! |
|
|
Entertaining Angels, Tafelberg, 1994 Griet’s life is on a downward spiral. She’s lost her baby, her husband has thrown her out and her suicide attempt is thwarted by a cockroach – yet her sense of humour remains intact.
|
|
|
Gabriel is furious. At his mom because she died. At his dad because it was his mistake. At himself because he couldn’t do anything to prevent it. And at the entire universe for allowing stuff like that to happen. |
|
|
Al wat ek weet. LAPA Uitgewers, 2016 Gabriel is woedend. |
|
|
Rhinocephants on the Roof/Olinosters op die Dak. NB Publishers, 2015 Daniel was visiting Grandpa and Grandma. Grandpa read him a story about a brave soldier. Grandma sang him a song about a brave mouse running up a clock. Now Daniel had to sleep.
But the bed didn’t feel as comfortable as his own bed. The room looked darker than his own room. And he heard a strange noise on the roof. It sounded like huge, heavy animals dancing and prancing around the chimney.
“Grandpa!” Daniel cried. “Grandpa, I hear something on the roof!”
“What do you hear, Daniel?” Grandpa asked.
“I think it might be rhinocephants, Grandpa. A whole herd of rhinocephants.” |
|
|
Swemlesse vir 'n Meermin. NB Uitgewers, 2015 Daar’s belangrike dinge wat jy moet weet om jou tienerjare te oorleef. Soos, wat maak jy as jy groen is van jaloesie elke keer as jy na die gewildste, mooiste, coolste meisie in die klas kyk? Of hoe gemaak as jy verlief is op ’n ouer seun wat nie eens weet wat jou naam is nie en waarskynlik nooit sal weet nie, want hy is óók verlief op die gewildste, mooiste, coolste meisie in jou klas? |
|
|
Die Coolste Ouma op Aarde. Lapa Uitgewers, 2014 Ontmoet 'n paar moderne, ongewone en fantastiese oumas in hierdie prettige nuwe prenteboek uit die pen van Marita van der Vyver en geillustreer deur Zinelda Mcdonald! |
|
|
Die mooiste sprokies van Grimm (Illustrasies Piet Grobler), Human & Rousseau, 2010 Marita van der Vyver het haar persoonlike gunstelinge onder die broers Grimm se sprokies gekies - die bekendstes, natuurlik, maar ook sommige minder bekendes en selfs onbekendes - om te vertaal, af te stof en op te poets. Piet Grobler het elke sprokie op 'n vars en unieke manier geïllustreer. Die gevolg is 'n pragboek wat 'n nuwe geslag van kinders sal betower. |
|
|
Mia se ma/
Mia's Mom, illustrated by Piet Grobler, Dis Mia se verjaardag, maar hoekom is al haar maatjies bang vir haar ma? Is sy ’n heks, of ’n towenaar, of ’n goeie fee, en kan sy met diere praat en in die lug vlieg? It is Mia’s birthday party, but why are all her friends afraid of her Mom? Is she a witch and a sorceror - and can she talk to animals and fly on a magic carpet? |
|
|
Rimpelstories: Die simpel dinge wat mense mis, Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek. |
|
|
Rimpelstories: Boomklim, Kagiso Education, 2004 Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek. |
|
|
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, Gedink Marita van der Vyver skryf deesdae net vir ouer mense (soos in ouer as een-en-twintig)? Fout! Hier is die skepper van die immergroen Griet terug by haar eerste liefde, die jeugverhaal, met ‘n storie vir almal wat jonger as een-en-twintig is of voel. En nou het ons Hanna, ‘n heldin wat beloof om net so diep in lesers se harte te kruip as Griet. Bekkig, intelligent, verbeeldingryk, en met ‘n ingewikkelde familie: een stiefpa, een skewe pa, een halfbroer, twee stiefbroers en ‘n mallerige ma. |
|
|
The Hidden Life of Hanna Why, Tafelberg, 2007 Meet Hanna Why – cheeky, intelligent, imaginative, and the next teen writing sensation. Meet Hanna's family- an actor stepfather, a gay father, a detestable halfbrother, two stepbrothers and an eccentric mother who wears paintbrushes in her hair. |
|
|
Die dinge van 'n kind, Tafelberg, 1994 Van die gewilde skrywer van Griet skryf ‘n sprokie kom ‘n grootwordstorie uit die 1970’s waarin elke nuwe lewensles die onskuld verdryf. |
|
|
Eenkantkind is 'n sensitiewe grootwordstorie en een van Marita van der Vyver, bekende skrywer van Griet skryf 'n sprokie, se heel eerste boeke. Vir Jana voel alles net verkeerd - haar gesig, haar neus, haar nuwe lang, maer meisielyf. Boonop het haar ma weer getrou na haar pa se dood en nou is dinge nie meer dieselfde by die huis nie. Gelukkig is daar mense in die wêreld soos ouma Ella met haar oranje hare en bloedrooi lipstiffie. |
|
|
Tien vir 'n vriend, Tafelberg, 1987 Om ’n seevakansie by ’n eksentrieke, buierige ou alleen-man deur te bring, is geen opwindende vooruitsig vir ’n meisiekind soos Anita nie. Selfs al reken Rudi, haar jonger broer, die saak het meriete. |
|