Marita van der Vyver — argief← Terug na die webwerf

spacer

header

home
biography
books
reviews
interviews & videos
awards

photos
news
contact me

facebook
français

 

 
Swemlesse vir 'n Meermin. NB Uitgewers, 2015

Daar’s belangrike dinge wat jy moet weet om jou tienerjare te oorleef. Soos, wat maak jy as jy groen is van jaloesie elke keer as jy na die gewildste, mooiste, coolste meisie in die klas kyk? Of hoe gemaak as jy verlief is op ’n ouer seun wat nie eens weet wat jou naam is nie en waarskynlik nooit sal weet nie, want hy is óók verlief op die gewildste, mooiste, coolste meisie in jou klas? En waarom kan niemand behalwe jy agterkom hierdie meisie is eintlik ’n total fake nie? Is daar iets verkeerd met jou?

Dis sulke soort lewensbelangrike raad wat jy hier gaan kry. Asook raad oor familie, ouers, broers en susters. Oor skool en geld en geluk en klere en allerhande dinge waaraan ek nog langs die pad sal dink.