Marita van der Vyver — argief← Terug na die webwerf

spacer

header

home
biography
books
reviews
interviews & videos
awards

photos
news
contact me

facebook
français

 

weg

 

weg

 
Wegkomkans. (Heruitgawe) Protea, 2018

Tien karakters wie se verhouding oor 'n tydperk van tien jaar eb en vloei soos die getye van die see wat telkens die agtergrond vir hulle "wegkomkanse" vorm. Vanaf die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding in 1994: Dié vriendekring se samesyn bly die konstante in 'n wêreld waarin die ontnugterings en terleurstellings van die werklikheid soms met niks anders as goeie kos, goeie wyn en 'n stewige skeut selfspot getemper kan word nie.

Wegkomkans bied op hoogsvermaaklike dog diepsinnige wyse insig in Afrikaanse stedelinge se versugtinge en verwagings wat byna twintig jaar nadat die teks oorspronklik verskyn het nog net so relevant voel soos destyds. Soos die skrywer self in haar nuwe slotwoord skryf: "Hierdie roman, so vertel hulle my, kan 'n nuwe geslag lesers help begryp hoe Afrikaanse stedelinge in die laat jare tagtig en vroeë negentig, tussen die laaste stuiptrekkings van die Ou Suid-Afrika en die skrikwekkende geboortepyne van die Nuwe Suid-Afrika, dit reggekry het om op die rand van 'n afgrond te bly dans."