Marita van der Vyver — argief← Terug na die webwerf

spacer

header

home
biography
books
reviews
interviews & articles
awards

photos
news
contact me

facebook
français

 

griet weer

 
Griet kom weer, Tafelberg, 2001

“Ek het jou nog altyd beskou as een van die sterkste vroue wat ek ken.”  Sandra kom sit oorkant Griet, haar uitdrukking openlik bewonderend.  “Die miskrame, die baba, jou egskeiding … Jy is ‘n survivor, Griet.  Jy’s soos die Kat in die liedjie.  Jy kom altyd weer.”

Dié roman, tien jaar na die blitsverkoper Griet skryf 'n sprokie, beeld 'n ryper maar nog net so warmbloedige Griet. Sy is intens verlief (om die waarheid te sê, so gelukkig dat sy haar kreatiwiteit as skrywer verloor!), maar daar is grypvoëls wat (net soos in die mitologiese vertellings) die brose geluk bedreig. Haar geliefde, 'n Italiaanse wewenaar, se oorlede vrou spook steeds in sy gedagtes, sy negejarige dogter is openlik antagonisties, en Griet se liefdespel word bederf deur sintuiglike aandoenings: eers haar oog wat lelik toeswel, dan haar neus wat verstop raak en 'n hoë koors, daarna haar oor wat ontsteek, en later 'n treiterende verstandtand. Eroties, snaaks, toeganklik diepsinnig - kwaliteite wat van Marita 'n trefferskrywer gemaak het.