Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, Tafelberg, 2002
Gedink Marita van der Vyver skryf deesdae net vir ouer mense (soos in ouer as een-en-twintig)? Fout! Hier is die skepper van die immergroen Griet terug by haar eerste liefde, die jeugverhaal, met ‘n storie vir almal wat jonger as een-en-twintig is of voel.
Marita debuteer met ‘n jeugverhaal, Van jou Jas (1982), volg dit op met nog ‘n jeugverhaal, Tien vir ‘n Vriend (1987), en publiseer in 1991 ‘n derde jeugverhaal, Eenkantkind.
En nou het ons Hanna, ‘n heldin wat beloof om net so diep in lesers se harte te kruip as Griet. Bekkig, intelligent, verbeeldingryk, en met ‘n ingewikkelde familie: een stiefpa, een skewe pa, een halfbroer, twee stiefbroers en ‘n mallerige ma.
Marita van der Vyver se nuutste boek is ‘n sprankelende, hoogs entertaining toevoeging tot die genre van die jeugverhaal.
kyk na 'n uittreksel uit die film!