← Terug na die boeke
Bestemmings
Boek

Bestemmings

2005 Uitgewer: Tafelberg Taal: Afrikaans ISBN: 9780624043270

★ M-Netprys vir kort fiksie

Bestemmings is 'n kortverhaalbundel met reis as sentrale tema. In feitlik al die verhale is daar karakters op reis - op reis na bestemmings binne en buite hulself. Telkens kom karakters in die vreemde tot nuwe gewaarwordinge omtrent hul bestaan. Dit is toeganklike verhale, sprankelend en sexy, en in elke storie word jy bekoor deur Van der Vyver se vemoe om interessante, minsame, hedendaagse karakters as't ware deel van die leser se vriendekring te maak. Die bundel bied merendeels vermaak in die beste sin van die woord, maar daar is ook enkele donkerder verhale waarin onder meer die aanvaarding van die dood van 'n geliefde op 'n onthutsende en literer oortuigende wyse aangeroer word.

← Terug na die boeke