← Terug na die boeke
Somerkos in Provence
Boek

Somerkos in Provence

2010 Uitgewer: Tafelberg Taal: Afrikaans ISBN: 9780624047216

★ World Cookbook Award in die kategorie Franse kookuns

'n Kosboek vol pragfoto's, kookstories, resepte en idees - 'n heerlike mengsel van verbeelding en gesonde verstand, lekkerbekkigheid en praktiese oorwegings, wat die minder én meer ervare kok sal begeester en besiel. Hulle is 'n gewone gesin met kinders (wat sonder skroom gekoopte hamburgers en frites bo al hulle ouers se 'gastronomiese hoogtes' sal kies) en 'n gewone inkomste. Hulle het nie die tyd, energie of geld om ingewikkelde, pretensieuse geregte met onbekostigbare bestanddele soos truffels of foie gras te maak nie, en hul kinders stel nie belang in slakke, paddaboude en ander Franse spesialiteite wat elders moeilik verkrygbaar is nie. Die resepte hierin is die kos wat hulle groot gesin en vriende kuier-kuier onder die plataanboom voor hulle kliphuis geniet. Dis lentekos, somerkos, Mediterreense en Provensaalse kos wat net so lekker onder 'n jakaranda of kiepersol sal smaak.

← Terug na die boeke