Marita van der Vyver het haar persoonlike gunstelinge onder die broers Grimm se sprokies gekies - die bekendstes, natuurlik, maar ook sommige minder bekendes en selfs onbekendes - om te vertaal, af te stof en op te poets. Piet Grobler het elke sprokie op 'n vars en unieke manier geïllustreer. Die gevolg is 'n pragboek wat 'n nuwe geslag van kinders sal betower . Elkeen van die vyftigtal sprokies is uit die oorspronklike Duitse weergawe vertaal - en onthou, die oorspronklike sprokies was nie noodwendig vir kinders bestem nie! Dit was volksvermaak vir alle ouderdomme - vol humor en hartseer, wreedheid en stuitigheid - omtrent soos die gewildste TV-sepies deesdae. Dis 'n boek wat ma en pa, ouma en oupa, ousus en ouboet saam met die jongstes in die huis sal geniet.