★ ATKV Woordveertjie vir beste kinderboek
Ons weet mos almal hoe lyk Oumas in storieboeke. Hulle het altyd spierwit hare of 'n outydse brilletjie. Hulle dra lang swart rokke of lelike skoene. Hulle is altyd in die kombuis of siek in die bed. Maar my ouma lyk glad nie soos 'n storieboek-ouma nie - en joune? Ontmoet 'n paar moderne, ongewone en fantastiese oumas in hierdie prettige nuwe prenteboek uit die pen van Marita van der Vyver en geillustreer deur Zinelda Mcdonald.