← Terug na die boeke
Swemlesse vir 'n meermin
Boek

Swemlesse vir 'n meermin

2015 Uitgewer: Tafelberg Taal: Afrikaans ISBN: 9780624076315

★ Scheepersprys vir Jeugliteratuur van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Daar's belangrike dinge wat jy moet weet om jou tienerjare te oorleef. Soos, wat maak jy as jy groen is van jaloesie elke keer as jy na die gewildste, mooiste, coolste meisie in die klas kyk? Of hoe gemaak as jy verlief is op 'n ouer seun wat nie eens weet wat jou naam is nie en waarskynlik nooit sal weet nie, want hy is óók verlief op die gewildste, mooiste, coolste meisie in jou klas? En waarom kan niemand behalwe jy agterkom hierdie meisie is eintlik 'n total fake nie? Is daar iets verkeerd met jou? Dis sulke soort lewensbelangrike raad wat jy hier gaan kry. Asook raad oor familie, ouers, broers en susters. Oor skool en geld en geluk en klere en allerhande dinge waaraan ek nog langs die pad sal dink.

← Terug na die boeke