← Terug na die boeke
Olinosters op die dak
Boek

Olinosters op die dak

2015 Uitgewer: Tafelberg Taal: Afrikaans ISBN: 9780624069171

★ Gekies as IBBY Honour Book

Daniel kuier by Ouma en Oupa. Toe dit aand word en tyd om te gaan slaap, lees Oupa eers vir Daniel 'n storie. Toe sing Ouma vir hom 'n liedjie. Maar die bed is vreemd, en Daniel voel baie ongemaklik … hy verlang na sy eie kamer en sy eie bed. En hy hoor geluide! Dit klink soos … soos 'n hele trop OLINOSTERS wat op die dak dans en spring! Dit gebeur nie aldag dat 'n Afrikaanse kinderboek 21 jaar nadat dit die eerste keer verskyn het, herdruk word nie. Op die koop toe verskyn dit met nuwe tekeninge deur 'n student van die oorspronklike illustreerder.
Olinosters op die Dak was een van die Marita se eerste publikasies. Piet Grobler het die oorspronklike sketse gemaak. Sy is dol oor Dale Blankenaar se nuwe illustrasies. "Dit maak die storie van nuuts af relevant vir kinders van die 21ste eeu."

← Terug na die boeke