← Terug na die boeke
Retoer
Boek

Retoer

2018 Uitgewer: Lapa Taal: Afrikaans ISBN: 9780799384790

Die "meisie van die suburbs", soos sy haarself beskryf neem die leser op reis deur haar lewe en wêreld: van haar jeugherinneringe - haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was - tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor 'n tiekieboks, die karre van haar kleintyd ('n bruin Opel en 'n geel kewer) en laat die leser tegelyk skater en verlang. Met haar kenmerkende skerp sin vir humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir "verdagte knoppies". Haar woordkuns neem die leser van die alledaagse na die eksotiese, van die skreeusnaakse na die hartverskeurende, van die lyflike na die geestelike. 'n Tema wat soos voetspore deur Retoer loop, is díe van reis: die reis na heerlike onbekende plekke en die meer onstuimige, dikwels vreesaanjaende reis na die self. Retoer sal jou laat lag en die trane in jou oë laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op 'n sielsreis neem.

← Terug na die boeke