Die bloedbevlekte brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Vir jare het sy haar rug op Theo gedraai, n man wat sy laaste twee dekades in n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om op die Grens te veg n plek en n oorlog waarvan mense tuis bittermin geweet het. Vir Theresa self was dit n tydperk van eerste liefdes, diskos en vakansies by die see. Theresa besef gou die brief is aan Theo toevertrou deur n sterwende Kubaanse soldaat geskryf en aan sy pasgebore kind gerig iemand wat, indien hy of sy nog leef, nou reeds veertig jaar oud sal wees. Theresa weet in haar siel sy moet Kuba toe: om die soldaat se kind te vind, om die brief te besorg, om vir Theo en ook vir háár boete te doen. In die swoelende, afgeleefde Kuba, tussen sy kleurryke motors uit die vyftigerjare en geurige sigaarrook, vervleg Theresa se lewe intiem met diegene wat in Angola as die vyand gebrandmerk is. Só ontrafel sy wat dit beteken het om groot te word in die Suid-Afrika van daardie tyd.