← Terug na die boeke
Die Ongelooflike Avonture Van Hanna Hoekom
Boek

Die Ongelooflike Avonture Van Hanna Hoekom

2002 Uitgewer: Tafelberg Taal: Afrikaans ISBN: 9780624046622

★ Sanlamprys vir Jeugfiksie; IBBY (International Board on Books for Young People) Honour Book

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken.

← Terug na die boeke