← Terug na die boeke
Van jou Jas
Boek

Van jou Jas

1982 Uitgewer: Tafelberg Taal: Afrikaans

★ Beginnersprys vir Jeuglektuur van Tafelberg

In die 366 skrikkeljaardae tussen haar vyftiende en sestiende verjaardag gebeur daar groot en belangrike dinge in Sonja Vorster se lewe. Haar pa word weer pa en haar ma bring vir die eerste keer ´n vreemde man huis toe om die kinders se goedkeuring te kry. Haar broer Dewald kom wys ´n meisie vir sy ma en haar suster Ilse het ´n liefdesteleurstelling. Yashvin, of Jas, begin in die Kaap skoolgaan... En noudat sy amper-amper sestien is, kan sy haar skaars voorstel wat alles in die volgende jaar sal gebeur. Al wat sy weet, is dat die Slapende Skoonheid sestien was toe die prins haar wakker gesoen het. Sonja se erns en spot, haar pogings om haarself en dinge om haar te verstaan, sal enige tienerleser bekoor.

← Terug na die boeke